Monday, August 31, 2015

Doodskoot


Deur Karoogriffel

Intense bewustheid.  Al my sintuie tot die uiterste ingespan.  Ek is bewus van elke enkele veranderlike om my.  Elke klippie soos ek hier onder die kamofleernet in die beskutting van die plantegroei lê.  Die net en die plantbeskutting maak my totaal onsigbaar.  Die geweer,  teleskoop en knaldemper is ook in kamofleer kleure gespuit en die lyn van die loop word deur kamofleer lap gebreek.  Nie eens ‘n professionele oog sal my raaksien nie.  Die .50BMG skerpskutter geweer staan perfek op sy tweepoot met die kolf koud teen my wang.  Die 40x  Tuscan teleskoop is so kragtig dat dit voel asof ek aan die vensterraam sou kon raak as ek my hand uitsteek.

In werklikheid is die venster amper  250 meter  van my af.  Tussen my en die teiken is die teerpad wat rustig tussen die luukse landgoedere in die rykmansbuurt deur kronkel. Dan nog die sekuriteits omheining, die tuin met sy groot groen grasperk en die swembad.  Meer ideaal kon die omstandighede nie gewees het nie.  Helder sonskyn, windstil dag.  Dit sal die perfekte skoot wees.

Soos gewoonlik ken ek nie die klient nie en beslis ook nie die teiken nie. Die kliënt maak kontak deur ‘n internet advertensie.  Ek reageer daarop, as ek seker is dat als veilig is, deur ‘n telefoonnommer en addres te laat.  As ek die kliënt kontak is dit baie professioneel, saaklik en feite word uitgeruil.  Sodra betaling ontvang word, gaan ek oor tot die volgende fase.  Dit neem gewoonlik nogal lank.  Die teiken. Ek moet als omtrent die teiken leer.  Presies wie dit is, waar hy woon, waarmee hy ry, waar hy werk, sy vriende en gewoontes.  Alles.  Dit neem maklik ‘n maand om al die intel te versamel en myself op te stel om die kontrak te voltooi.

Nou is alles in plek.  Ek lê gereed om die doodskoot te skiet.  Ek het omstandighede so gereel dat die teiken by die huis is, dat hy op ‘n sekere tyd ‘n oproep sal verwag en dat hy dit in sy studeerkamer op sy privaat landlyn sal neem.  Sonder om my oog van die teleskoop te haal loer ek met my linker oog na die TAG Heuer horlosie op my linker pols.  Enige oomblik.

Die studeerkamer deur gaan oop.  Die teiken kom in en maak die deur weer agter hom toe.  Hy gaan sit op die stoel agter sy lessenaar en kyk vir ‘n oomblik deur die venster.  Dit voel of ons vir mekaar kyk.  Dan trek hy papierwerk nader en gee sy aandag daaraan.  Ek beweeg die geweer minder as vyf millimeter en die kruis in my teleskoop rus perfek op sy regter oog.  Die projektiel sal sy oog binne dring, deur die oogkas en deur sy brein.  Dit sal ‘n groot gat maak waar dit agter uitkom en die bloed  en stukkies van sy brein sal tot teen die boeke agter hom in die boekrak spat.  Die projektiel sal erns in ‘n boek te ruste kom.  Die teiken sal dood wees voor hy die grond tref.  Als sal geruisloos gebeur.  Die knaldemper sal sorg dat die skoot sonder ‘n geluid afgaan.  Die hoë spoed waarmee die projektiel trek sal sorg dat daar slegs ‘n klein gaatjie in die ruit gemaak word. Twee drie sekondes.  Dit is al.  Dan is alles oor.  Iemand sal hom later dood in die studeerkamer aantref as hulle na hom kom soek.  Ek sal rustig my toerusting oppak en deur die bome stap na waar my motor geparkeer is.  Ek sal inklim en weg ry.  Nog ‘n kontrak voltooi.

Ek vergewis myself vir oulaas van alle veranderlikes rondom my.  Maak seker dat als perfek en veilig is. Maak seker dat die kruis in my teleskoop presies op sy regter oog is.  Ek trek my asem rustig in, en met die uitblaas druk ek die sneller van my geweer liggies.  Die geweer beweeg amper niks in my hande nie. Ek sien die teiken agteroor uit sy stoel val. Die rooi spatsels agter teen die boeke verseker my dat die kontrak suksesvol afgehandel is.

Wednesday, August 19, 2015

Tattoo girl


Tattoo girl

Deur karoogriffel

Sy was nie besonder mooi nie, en ook nie besonder goed gebou nie. Nie die soort pop-mooi wat jy op tydskrif voorblaaie sien nie. Tog, daar was iets omtrent haar. Sy sou beslis uitstaan in ‘n groep. Ek het haar nog nooit vantevore gesien nie.

Toe sy die eerste keer in my winkel gekom het, was dit om my te vra wat my tattoos kos. Iets aan haar het my getrek soos ‘n magneet. Ek het dus nie my gewone sarkasme gebruik nie en slegs gesê dat dit afhang van die groote en kleure. “Ek het al een”, het sy gesê, asof ek gevra het.  So, nou vra ek maar, “waar?”, deels omdat ek haar so lank moontlik in die winkel wil hou. “Agter op my kruis”. Nou sê ek, “Wys my!”. Sy het sonder enige seremonie om my toonbank gestap, tot teen my. Haar top opgelig en haar jeans onnodig laag afgetrek. Die tattoo was laag onder op haar kruis en ek kon dit duidelik sien. Ook die ligblou ”g – string”wat sy aangehad het. “Dit lyk goed”, het ek gesê en self nie geweet of ek van die tattoo of die “g-string”praat nie.

Toe sy die volgende dag terugkom vir haar tattoo, het sy dadelik haar top uitgetrek, sonder dat ek daarvoor gevra het. Haar kaal borste het vol en swaar gehang. Die nipples groot en donker.  Dit was vir my moeilik om op my handewerk te konsentreer. Ek was heeltyd oorbewus van haar stywe nipples waaraan my hand af en toe geraak het soos ek gewerk het. Sy het stip voor haar gekyk sonder enige aanduiding dat sy bewus is van die effek wat sy en die situasie op my gehad het. Toe ek skielik opkyk, sien ek dat sy stip na die spieël kyk waarin sy my die heeltyd fyn dop gehou het. Daar het so ligte glimlag op haar gesig verskyn. Ek het besef dat sy my die hele tyd sit en “play”het. Ek het my “pose”mooi gehou, gemaak asof ek dit nie agter- gekom het nie. Hoewel, ek dink sy het geweet.

Die ontwerp waarvoor sy gevra het was baie fyn met baie detail. Ek het harder hierop gefokus en gesien hoe die ink bietjie vir bietjie in haar vel ingaan. Hoe die ontwerp stadig begin vorm aanneem. Toe ek uiteindelik klaar was het ek die tattoo saggies met handdoekpapier probeer skoonvee. Dat was moeilik want haar bord het bly beweeg. Sonder enige woord het ek die bors opgelig , my hand daaronder ingesit en dit stewig vas gehou terwyl ek met die ander hand die oortollige ink afvee. Sy het stil gesit en my nou vol in die oë gekyk. “Hou jy daarvan?”het sy gevra, en weer het ek nie geweet waarna sy regtig verwys nie. “Ek hou altyd van my werk”, het ek geantwoord, “en ja, dit het besonder mooi uitgekom. Ek kan sien hoekom jy dit gekies het”.  “O, die tattoo, ja ek hou ook daarvan, dankie”het sy geantwoord en weer was daar die glimlaggie op haar gesig, terwyl haar oë duidelik sê dat sy eintlik iets anders bedoel het.

Ek het die tattoo toegeplak en sy het gevra of sy haar top moet  aantrek. “Ja”, het ek geantwoord. Ons was albei bewus van die feit dat sy nie gevra het  of sy mag nie maar of sy moet. Sy het opgestaan, betaal en uit my lewe gestap terwyl ek nog steeds die volheid van haar warm bors in my hand kon voel.